Geskiedenis van erotiese afbeeldings

’n Erotiese toneel op ’n Griekse drinkbeker, omstreeks 510 v.C.
’n Antieke Romeinse olielamp wat seks van agter af uitbeeld.
’n Antieke Romeinse olielamp (omstreeks 1ste eeu n.C.) met ’n toneel van ’n vrou wat met twee mans seks het.
’n Indiese beeld uit die Soenga-ryk, 1ste eeu v.C.
Tradisionele pederastie-toneel op ’n Griekse houer uit die 5de eeu v.C.

Die geskiedenis van erotiese afbeeldings sluit in skilderye, beeldhoukuns, foto's, toneelstukke, musiek en geskrifte wat deur die eeu gebruik is om tonele van ’n seksuele aard uit te beeld. Hulle is geskep deur feitlik alle beskawings, antiek en modern. In vroeë kulture is seks dikwels verbind met bonatuurlike kragte en dus is baie sulke uitbeeldings in godsdienste gebruik. In Asiatiese lande soos Indië, Nepal, Sri Lanka, Japan en China, het uitbeeldings van ’n seksuele of erotiese aard spesifieke spirituele betekenisse binne die plaaslike godsdienste. Die Grieke en Romeine het baie kuns en versierings van ’n erotiese aard geproduseer, waarvan baie deel was van hul godsdienstige oortuigings en kulturele praktyke.[1][2]

In meer onlangse tye, namate kommunikasietegnologie uitgebrei het, is elke nuwe tegniek, soos fotografie, drukwerk, rolprente en rekenaars, ingespan om sulke afbeeldings te vertoon en versprei.[3]

  1. Rawson, Phillip S. (1968). Erotic art of the east; the sexual theme in oriental painting and sculpture. New York: Putnam. p. 380.
  2. Clarke, John R. (April, 2003). Roman Sex: 100 B.C. to A.D. 250. New York: Harry N. Abrams. p. 168. ISBN 0-8109-4263-1. {{cite book}}: Gaan datum na in: |date= (hulp)
  3. Chris Rodley, Dev Varma, Kate Williams III (Directors) Marilyn Milgrom, Grant Romer, Rolf Borowczak, Bob Guccione, Dean Kuipers (Cast). Pornography: The Secret History of Civilization [DVD]. Port Washington, NY: Koch Vision. URL besoek op 2006-10-21. ISBN 1-4172-2885-7. Geargiveer 22 Augustus 2010 op Wayback Machine

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne